Die Smit gesin + 1

Posted on May 29, 2012 in Family, Featured, Maternity, Recent Work | 2 comments

Ons hemelse Vader verhoor definitief gebede – die Smit gesin is maar net weereens ‘n bewys hiervan: Duard kry ‘n boetie! Na jare se bid, trane, hartseer, vrae, wonder en al die ander emosies wat saam met die verlange na nog kinders gaan, is Theuns en Liesel se 2de bondeltjie vreugde uiteindelik oppad.

Hulle is baie goeie vriende van ons en buiten om saam hul bly en opgewonde te wees oor hul swangerskap, het ek die voorreg gehad om onlangs ‘n familie/maternity foto sessie met hulle te doen.

Met die blare wat verkleur en van die bome begin afval, het ons besluit om na een van my all-time gunsteling plekke te gaan vir die shoot – dankie dankie dankie Abby en Mandie dat ek ALWEER jul boord mag gebruik het, ek skuld julle groot!!

Theuns en Liesel, julle is great vriende en fantastiese ouers en ek sien uit om jul geskenkie uit die hemel te mag afneem oor ‘n paar weke!

André

2 Comments

  1. Stunning! You always find the most stunning locations and always get the most beautiful light:) They must be very happy with their images!

    • wow thank you Laura, it’s always such a pleasure getting your feedback, really appreciate it! Yep they’re very happy with the results, which always makes me smile

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *