Die Jouberts :: Familie

Ontmoet die Joubert gesin: Juan, Mia en hulle twee pragtige seuns – beide hulle kinders is min of meer dieselfde ouderdom as ons twee engeltjies, wat gemaak het dat ek baie maklik myself kon vereenselwig met hul situasie – ‘n 2-jarige wat (te) min geslaap het en ‘n baba wat bottel en skoon doeke benodig, tydig en ontydig đŸ™‚ Maar dis deel van gesin-wees en ek’s mal oor my eie gesin en om ander se lewens vas te vang en ‘memories’ aan hulle te kan oorhandig!
Ons het by hul lieflike huis bymekaar gekom, waar ons ‘n paar fotos geneem het asook in die buitelug op die landgoed waar hulle woon. Klein Tian was in die begin ‘n bietjie skaam vir die kamera, maar het vinnig ontdooi en was opvreetbaar cute gewees…om hom so te sien speel het my erg laat verlang na my seuntjie by die huis!
Ek hoop julle hou so baie van die fotos soos die Jouberts doen!
André
PS: in case you’re wondering why I posted in Afrikaans…well I decided that since it’s my 1st language, I’m going to do more posts in my home language in 2012, especially where the couples / family I photographed are Afrikaans as well đŸ˜‰